15 TON TANDEM-AGTERAS SYKANTEL-SLEEPWA

15 TON TANDEM-AGTERAS SYKANTEL-SLEEPWA2018-01-30T08:31:17+00:00

SPESIFIKASIES:

Model 15 Ton
Massa 4 800 kg
Maks. toelaatbare spoed 35 km/h
kW vereiste 72103 kW
Remme Hidr.-Meg.
Bandgrootte 1100/20 (16 laag)
Banddruk 800 kPa
Algehele hoogte 2 500 mm
Baklengte 7 400 mm (24 vt.)
Bakwydte 2 500 mm
Bakdiepte 1 150 mm
Sleephak agter Ja
Agterligte Ja

KENMERKE:

  • “Alles-in-een”-sleepwa vir die landboumark.
  • Sleepwa kan wettig 15 ton laai.
  • Uiters geskik vir die hantering van 15 ton losmaatgraan.
  • Sleepwa het ’n tandem-agteras vir beter massaverspreiding.
  • Sleepwa kan sywaarts kantel, wat die aflaai van massagraan en -landbouprodukte by silo’s en in store vergemaklik.
  • Veetralies is beskikbaar vir die 24 voet-sleepwa om 15 groot beeste gemaklik te kan vervoer.
  • Sleepwa is toegerus met hidroulies-beheerde meganiese remme wat vanaf die trekker bedien word.
  • Danksy die hidrouliese remme kan twee sleepwaens agtermekaar gesleep word – ’n totale massa van 30 ton. Slegs ’n 100 kW-trekker is nodig om dié twee sleepwaens te beheer.
  • Massakante en valkante kan maklik verwyder word om kunsmissakkies, voerbale, implemente, ens. te vervoer.
  • Aste kan elk 8 000 kg dra.
  • Vellings het agt gate met ’n 20”-gevormde senter wat die vellings dubbeld so sterk maak.
  • Standaardgrootte-agterligte, veiligheidsbuffer en wit kleur verhoog veiligheidsfaktor.
  • Standaardkoeëllaer-draaiskyf verbeter padhouvermoë.

Pin It on Pinterest

Share This