15 TON SYKANTEL-SLEEPWA

15 TON SYKANTEL-SLEEPWA2018-01-30T08:30:14+00:00

SPESIFIKASIES:

Model 15 Ton
Massa 3 450 kg
Maks. toelaatbare spoed 35 km/h
kW vereiste 72103 kW
Remme Hidr.-Meg.
Bandgrootte 385/65R-22.5
Banddruk 800 kPa
Algehele hoogte 2 500 mm
Baklengte 7 400 mm/6 250 mm
Bakwydte 2 500 mm
Bakdiepte 1 200 mm
Sleephak agter Ja
Agterligte Ja

SPESIFIKASIES:

  • 15 ton-sleepwa werk uitstekend waar graan ’n hoë opbrengs lewer en stropers kort-kort moet ontlaai.
  • Massakante en valkante kan maklik verwyder word om kunsmissakkies, voerbale, implemente, ens. te vervoer.
  • Sleepwa kan sywaarts kantel wat die aflaai van massagraan en -landbouprodukte by silo’s en in store vergemaklik.
  • Sleepwa het spesiale breë bande waarmee daar binne-in los lande, in lande waar daar baie sand is en in nat besproeiingsland gery kan word.
  • Breë bande beteken die sleepwa kan binne-in lande ry sodat daar direk vanuit ’n stroper in die sleepwa ontlaai kan word.
  • Sleepwa is toegerus met hidroulies-beheerde meganiese remme wat vanaf die trekker bedien word.
  • Danksy die hidrouliese remme kan twee sleepwaens agtermekaar gesleep word – ’n totale massa van 30 ton. Slegs ’n 100 kW-trekker is nodig om dié twee sleepwaens te beheer.
  • Sleepwa is uiters geskik om produkte soos landboukalk en kraalmis in die lande af te laai.
  • Standaardgrootte-agterligte, veiligheidsbuffer en wit kleur verhoog veiligheidsfaktor.
  • Standaardkoeëllaer-draaiskyf verbeter padhouvermoë.

Pin It on Pinterest

Share This