15 TON-SLEEPWA

15 TON-SLEEPWA2018-01-30T08:32:27+00:00

SPESIFIKASIES:

Model 15 Ton
Massa – losmaatmodel 4 500 kg
Maks. toelaatbare spoed 35 km/h
kW vereiste 72103 kW
Remme Hidr.-Meg.
Bandgrootte 1100/20 (16 laag)
Banddruk 800 kPa
Algehele hoogte 2 500 mm
Baklengte 7 400 mm (24 vt.)
Bakwydte 2 500 mm
Sleephak agter Ja
Agterligte Ja

SPESIFIKASIES:

  • Volwaardige 15 ton-massa sleepwa.
  • “Alles-in-een”-sleepwa vir die landboumark.
  • Uiters geskik vir die hantering van 15 ton losmaatgraan.
  • Sleepwa het ’n tandem-agteras vir beter massaverspreiding.
  • Massakante en valkante kan maklik verwyder word om kunsmissakkies, voerbale, implemente, ens. te vervoer.
  • Veetralies is beskikbaar vir die 24 voet-sleepwa om 15 groot beeste gemaklik te kan vervoer.
  • Trekstang het ’n spilpunt wat aflaai by graansuiers vergemaklik en verhoed dat trekstang buig of breek.
  • Sleepwa se Duits-ontwerpte aste kan 8 000 kg per as dra.
  • Sleepwa is toegerus met hidroulies-beheerde meganiese remme wat vanaf die trekker bedien word.
  • Danksy groter 1100/20-bande kan die sleepwa baie maklik deur ‘n 72–103 kW-trekker gesleep word.
  • Standaardgrootte-agterligte, veiligheidsbuffer en wit kleur verhoog veiligheidsfaktor.
  • Standaardkoeëllaer-draaiskyf verbeter padhouvermoë.
  • Veetralies kan maklik aangebring word danksy ’n hek regsvoor vir die laai van vee, wat standaard aan die wa is.

Pin It on Pinterest

Share This