10 TON-SLEEPWA

10 TON-SLEEPWA2018-01-26T12:28:53+00:00

SPESIFIKASIES:

Model 10 Ton
Massa – losmaatmodel 3 950 kg
Maks. toelaatbare spoed 35 km/h
kW vereiste 50-57 kW
Remme Hidr.-Meg.
Bandgrootte 1100/20
Banddruk 700 kPa
Algehele hoogte 2 500 mm
Baklengte 6 000 mm
Bakwydte 2 500 mm
Sleephak agter Ja
Agterligte Ja

SPESIFIKASIES:

  • Tien ton massa-sleepwa.
  • Uiters geskik vir die hantering van losmaat-graan vanweë die bakdiepte.
  • Massakante en valkante is maklik verwyderbaar.
  • Die trekstang het ’n spilpunt wat aflaai by graansuiers vergemaklik en verhoed dat die trekstang buig of breek.
  • Duits-ontwerpte aste het groter wiellaers as markmededingers.
  • Hidroliese remme is uiters effektief wanneer twee sleepwaens agtermekaar gehaak word.
  • Danksy groter 1100/20-bande kan die sleepwa baie maklik deur ’n gemiddelde trekker gesleep word.
  • Standaard grootte-agterligte, veiligheidsbuffer en wit kleur verhoog veiligheidsfaktor.
  • Standaard koeëllaer-draaiskyf verbeter padhouvermoë.
  • Mees praktiese en doeltreffendste sleepwa van sy soort vanweë die ontwerp en stewige konstruksie.

Pin It on Pinterest

Share This